ISBN: 9781761908798
Format: Audiobook
Pub Date: 24/04/2026
Category: Fantasy & magical realism (Children's / Teenage), JUVENILE FICTION / Fantasy & Magic
Imprint: Macmillan Digital Audio
Price: $39.99
Pages:
Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie - veral nie twee kinders nie.
Author Information
Jaco Jacobs is die skrywer van 300 boeke vir kinders en bykans twee miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met meer as 45 bekronings vir sy werk en van sy boeke is vertaal in Engels, Italiaans, Mandaryns, Nederlands, Italiaans, Portugees en Spaans. Twee van sy boeke is tot films verwerk. Jaco en sy gesin woon in Bloemfontein.
MORE ABOUT
Jaco Jacobs
DOWNLOAD COVER IMAGE